28 Maart 2009
Dis vroeg Saterdagoggend en seuntjie snak nog na asem ons laai die spul in die kar om ‘n pompie en medisyne vir boetman te kry!!! Terug by die chalet maak ons hom rustig en gemaklik en ek en Jaco slaat soos 2 osse op die bed neer om ons verlore slaap inte haal !! Pampoen hulle arriveer so 7 uur vir ‘n braai en na te veel eet en kuier word dit ‘n heerlike aand!! Dankie aan Pampoen en haar wederhelf (Jaco) dat julle ons tydjie in Upington so lekker gemaak het HUGS!! Ons gaan slaap toe maar…. (O ja Boeta is baie beter na die medisyne)
En Pampoen volgende keer vat ons wyn en tubes en ons vaar die Oranje rivier af
Julle se wat!